Home

previous arrow
next arrow
Slider

Welpie Rugby Pret

Welpie rugby is die Luiperds Rugby Unie se mini rugby. Laerskool Generaal Hendrik Schoeman ontwikkel graag die liefde vir die spel en basiese vaardighede by ons jong spelers. By Schoemies vorm ouers en leerders deel van die Welpie familie, ouers is betrokke in die vorm van afrigters en
ondersteuners. Hier word daar geleentheid gegee aan elkeen om vertroud te raak met die spel en ons moedig persoonlike ontwikkeling en eie identiteit aan. Leerders leer om in spanverband saam te
werk met die eind doel van rugby genot.

FORMAAT VAN WELPIE RUGBY:

O/6 en O/7 spelers, neem deel aan rip rugby. Elke speler ontvang 2 rips wat aan weerskante van hul sye vasgemaak word d.m.v. velcro. Tydens wedstryde word spelers nie geduik met Welpie rugby nie, maar daar word gepoog om een van hierdie rips af te trek wat dan gelykstaande is aan ‘n duikslag.

O/8 spelers neem deel aan duik rugby. Dit behels steeds die spel van mini
Welpie rugby maar bevat ook elemente van senior rugby soos skrums, losgemale en lynstane. Die aantal spelers in ‘n span word bepaal deur die hoeveelheid belangstellende spelers in die betrokke ouerdomsgroep en die hoeveelheid beskikbare afrigters. Spanne is gemidddeld 10 spelers. Spanne word nie volgens vaardighede en ontwikkelings vlakke ingedeel nie.

Die tydsduur van ‘n wedstryd vir al drie die betrokke ouderdomsgroepe is 20 min. Dit bestaan uit 10 min aan ‘n kant met ‘n rustyd van 1 minuut. Wedstryde vind plaas in ‘n nie kompeterende formaat.

OEFENTYE:

GHS Welpie rugby oefen is Maandae en Woensdae vanaf 17:00 tot 18:00. Wedstryde vind plaas op Saterdae. Programme vir die wedstryddae sal deurgegee word gedurende die week voor die wedstryd.

AFRIGTERS:

Daar word gebruik gemaak van ouers met die afrigting van Welpie rugby. Elke afrigter moet BOKSMART gekwalifiseerd wees om ‘n span af te rig en te dien as skeidsregter.

‘n Personeellid van die skool, Mnr. Sarel van Niekerk, dien as organiseerder en is verantwoordelik dat die regte vaardighede aangeleer word.